Ester en die Koning Ek Kan Lees (Sagteband)
R35,15
10 in stock
Dit is nooit te vroeg om vir jou kleinding te begin lees nie. Daar is soveel voordele daaraan verbonde om boeke saam met klein kindertjies te lees. Lees verskaf die boustene vir hulle taalvaardigheid, stimuleer verbeelding en help kinders om van die wêreld om hulle te leer. Om vir ’n kind te lees is ’n ervaring wat ’n lewenslange liefde vir lees en leer bevorder. Die Ek kan lees!-reeks is die ideale manier om jou kind se leesvaardighede te ontwikkel en terselfdertyd hulle geestelike ontwikkeling aan te wakker.
In die Ek kan lees!-reeks se beginnersvlak word 3- tot 6-jariges bekendgestel aan die wonderlike wêreld van lees met geloofsgebaseerde stories om hulle te lei om God se Woord lief te hê. In Ester en die koning moet die dapper Ester, ’n jong Joodse meisie wat koningin word, haar mense probeer red. Sal die koning na haar luister? Is dit hoekom God haar koningin gemaak het?
Die eenvoudige taalgebruik, woordherhaling en kleurvolle illustrasies in hierdie boekie is ideaal vir saamlees-tyd met jou kleinding.
• Ontwikkel kinders jaar se leesvaardighede en wakker terselfdertyd hulle geestelike ontwikkeling aan.
• Die eenvoudige taalgebruik, woordherhaling en kleurvolle illustrasies in hierdie boekie is ideaal vir saamlees-tyd met jong kinders.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Esther and the King.
Related products
An Unexpected Revival: Experiencing God’s Goodness Through Disappointment & Doubt PB
In stock
Bible Word Searches (Paperback)
In stock
Book Of Revelation Made Easy Series (Paperback)
In stock
Geseënd Is Julle Bybelstudie (Sagteband)
In stock
Hebrews: Jesus is Better Bible Study Book – Storyteller (Paperback)
In stock
The 30-Minute Bible: God’s Story For Everyone (Paperback)
In stock
The Armor Of God: Bible Study Book With Video Access (Paperback)
In stock
The Samaritan Woman’s Story: Reconsidering John 4 After #ChurchToo (Paperback)
In stock