Baba Moses en die Prinses Ek Kan Lees (Sagteband)
R35,15
10 in stock
Dit is nooit te vroeg om vir jou kleinding te begin lees nie. Daar is soveel voordele daaraan verbonde om boeke saam met klein kindertjies te lees. Lees verskaf die boustene vir hulle taalvaardigheid, stimuleer verbeelding en help kinders om van die wêreld om hulle te leer. Om vir ’n kind te lees is ’n ervaring wat ’n lewenslange liefde vir lees en leer bevorder. Die Ek kan lees!-reeks is die ideale manier om jou kind se leesvaardighede te ontwikkel en terselfdertyd hulle geestelike ontwikkeling aan te wakker.
In die Ek kan lees!-reeks se beginnersvlak word 3- tot 6-jariges bekendgestel aan die wonderlike wêreld van lees met geloofsgebaseerde stories om hulle te lei om God se Woord lief te hê. In Baba Moses en die prinses lees kinders hoe Moses se ma hom in ’n mandjie sit en hoe God hom op ’n besonderse manier beskerm. Wat gaan met hierdie seuntjie gebeur? Wat is God se plan vir hom?
Die eenvoudige taalgebruik, woordherhaling en kleurvolle illustrasies in hierdie boekie is ideaal vir saamlees-tyd met jou kleinding.
• Ontwikkel kinders se leesvaardighede en wakker terselfdertyd hulle geestelike ontwikkeling aan.
• Die eenvoudige taalgebruik, woordherhaling en kleurvolle illustrasies in hierdie boekie is ideaal vir saamlees-tyd met jong kinders.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Baby Moses and the Princess.
Related products
7 Feasts (Paperback)
In stock
Amplified Outreach Bible (Paperback)
In stock
Bible Word Searches (Paperback)
In stock
Can You Trust the Bible? (Paperback)
In stock
Exodus :Â Enter God’s Story Bible Study Book – Storyteller (Paperback)
In stock
Hebrews: Jesus is Better Bible Study Book – Storyteller (Paperback)
In stock
Read This First: A Simple Guide to Getting the Most from the Bible (Paperback)
In stock
The Unexplainable Church: Reigniting The Mission Of The Early Believers: A Study Of Acts 13-28 PB
In stock