Perspektief op die Heilige Gees (Sagteband)
R78,00
Fokus in 10 studies op die Heilige Gees en ontsluit ’n waarlik Geesvervulde lewe deur sy werking en doel te ondersoek.
19 in stock
Kom stap saam met Stephan Joubert in die Bybelstudie Perspektief op die Heilige Gees op die spoor van God se spesiale Helper en ontsluit ’n waarlik Geesvervulde lewe.
Die 10 studies in hierdie Bybelstudie draai om temas rakende die werking van die Heilige Gees, soos: vol van die Heilige Gees, dra vrug wat die Gees verheerlik, getuies van die Heilige Gees en die Gees maak regtig vry. Stephan Joubert wil lesers herinner aan die hemelse hulp wat ons in ons moeilikste tye kan kry en mense se aandag op die wonders van die Gees vestig.
Elk van die 10 studies sluit af met ’n kort samevatting wat die kernwaarhede van die spesifieke gedeelte saamvat.
Perspektief op die Heilige Gees is ideaal vir individuele of groepstudie en sal lesers lei tot ’n Geesvervulde lewe.
Dimensions | 210 × 148 × 5 cm |
---|---|
Audience | |
Language | |
Stock | |
Author |
Related products
Al Sou die Vyeboom Nie Bot Nie: Bybelstudie oor Habakuk Hersiene Uitgawe (Sagteband)
In stock
Gereed Vir Vandag (Hardeband)
In stock
Geskep om te Droom: Die 6 fases wat God gebruik vir geloofsgroei (Sagteband)
In stock
Jy Is Myne Bybelstudie (Sagteband)
In stock
Kolossense Bybelstudie (Sagteband)
In stock
In Kolossense – ’n Bybelstudie ondersoek Riekert Botha die identiteit van Christus in ’n vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense. Paulus het aan die gemeente in Kolosse geskryf om die waarheid omtrent Jesus Christus te bevestig sodat hulle enige misleiding deur vals leraars sou kon herken. Die 8 studies gee agtergrond oor Paulus se verhouding met die gemeente, asook die redes vir sy brief aan hulle. Elke hoofstuk eindig met vrae en aan die einde van die Bybelstudie is daar ’n diagram om meer as 25 eienskappe van Jesus wat in die brief voorkom, in te vul. Daar is ook ’n blokkiesraaisel met die name van die persone wat in die brief genoem word. Hierdie Bybelstudie is vir groepe of individue.
• 8 Studies oor die identiteit van Jesus Christus vir groepe en individue.
• ’n Vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense met besprekingsvrae en plek om antwoorde neer te skryf.
• Sluit ’n diagram in waarop die 25 eienskappe wat Christus se identiteit beskryf, ingevul kan word, asook ’n blokkiesraaisel oor die name van die persone wat in die brief genoem word.
• Skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks.
• Hersiene uitgawe met nuwe buiteblad.
Van Vrees na Vertroue: Vir Elkeen Wat Op Soek Is na Sekerheid (Hardeband)
In stock
Joshua (NIV Application Commentary)(Hardcover)
R819,00