Wie Is Ek? Aktiwiteitsboek (Sagteband)
R49,21
10 in stock
Wil jy hê jou 8- tot 12-jarige moet op ’n prettige manier meer oor die Bybel leer?
Wie is ek? Aktiwiteitsboek bevat stories oor 50 bekende én onbekende Bybelkarakters uit die Ou en Nuwe Testament. ’n Kriptiese leidraad word vir elke karakter gegee, met ’n gekodeerde boodskap. Sodra die boodskap ontsluit is deur spesiale kodes te gebruik, kan kinders lees oor die karakter.
Kinders sal groot pret hê deur voor te gee dat hulle speurders is wat die raaisels moet oplos om die geheim van die karakter se identiteit te ontrafel. Verder is daar ook ander aktiwiteite soos ’n resep vir onsigbare ink en instruksies oor hoe om jou eie vingerafdrukke te neem om die speurder-pret mee af te sluit.
• Bybelsgebaseerde aktiwiteite vir 8- tot 12-jariges.
• Bevat 50 gekodeerde boodskappe wat die identiteit van 50 Bybelkarakters onthul, asook meer inligting oor elke karakter.
• Die ontsluit van kodes slyp konsentrasie en aandag aan detail.
• Sluit wenke en interessante feite vir speurders in, asook ekstra aktiwiteite.
• Ideaal as aanvulling tot tuisonderrig- en Sondagskool-kurrikulums.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Who Am I? Activity Book.
Related products
7 Feasts (Paperback)
In stock
An Unexpected Revival: Experiencing God’s Goodness Through Disappointment & Doubt PB
In stock
Bible Sudoku: 100 Sudoku Puzzles from Beginner to Master with Solutions (Paperback)
In stock
Can You Trust the Bible? (Paperback)
In stock
Discerning the Voice of God Bible Study Revised: How to Recognize when God Speaks PB
In stock
Psalms: Worshiping The One True God (MacArthur Bible Studies)(Paperback)
In stock
The Bible Study Part Two: New Testament (Paperback)
In stock
The Gospel Of Mark Bible Study (Paperback)
In stock