Van Vrees na Vertroue: Vir Elkeen Wat Op Soek Is na Sekerheid (Hardeband)
R278,00
Ervaar in Ewald van Rensburg se 365 dagstukke hoe jou vrese en bekommernisse gaandeweg plek maak vir vertroue, vrede, liefde, vergifnis en God se onbeskryflike teenwoordigheid.
19 in stock
Het jy geweet die teenoorgestelde van geloof is nie twyfel nie, maar vrees? As jy angstig en bang vir die toekoms voel, sal die verhale in hierdie dagboek jou bemoedig om Jesus volkome te vertrou en daagliks sy teenwoordigheid op te soek.
Die eerste ses maande in Van vrees na vertroue: Vir elkeen wat op soek is na sekerheid in ’n wêreld vol onsekerheid en vrees bevat insigte rondom die “moenie vrees nie”-verse in die Bybel. In die laaste ses maande verskuif die perspektief na Christus en hoe ons ons vrese kan oorkom deur God al hoe meer te vertrou en ’n Christus-gesindheid te kweek deur ses spesifieke bewegings; van die afleer van onsself tot by die beliggaming van ’n nuwe skepping.
Die 365 dagstukke deel verhale en teksverse uit die Bybel, asook kosbare verhale van hedendaagse gelowiges wat God volkome vertrou het. Elke maand skop ook af met ’n spesiale sielsoefening met nadink-vrae of praktiese voorstelle. Ewald van Rensburg se unieke hart-tot-hart-skryfstyl sal jou inspireer om jou vrese vir God te gee en te sien dat Hy werklik die Een is wat ons volkome kan vertrou.
• 365 Bybelse dagstukke deur die gewilde skrywer Ewald van Rensburg
• Sielsoefening aan die begin van elke maand met nadink-vrae of praktiese voorstelle
• Bevat verskeie verhale van Bybelse en eietydse geloofshelde
• Eenkleur-drukwerk
• 392 bladsye
Dimensions | 218 × 156 × 25 cm |
---|---|
Audience | |
Language | |
Stock | |
Author |
Related products
Gereed Vir Vandag (Hardeband)
In stock
Kolossense Bybelstudie (Sagteband)
In stock
In Kolossense – ’n Bybelstudie ondersoek Riekert Botha die identiteit van Christus in ’n vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense. Paulus het aan die gemeente in Kolosse geskryf om die waarheid omtrent Jesus Christus te bevestig sodat hulle enige misleiding deur vals leraars sou kon herken. Die 8 studies gee agtergrond oor Paulus se verhouding met die gemeente, asook die redes vir sy brief aan hulle. Elke hoofstuk eindig met vrae en aan die einde van die Bybelstudie is daar ’n diagram om meer as 25 eienskappe van Jesus wat in die brief voorkom, in te vul. Daar is ook ’n blokkiesraaisel met die name van die persone wat in die brief genoem word. Hierdie Bybelstudie is vir groepe of individue.
• 8 Studies oor die identiteit van Jesus Christus vir groepe en individue.
• ’n Vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense met besprekingsvrae en plek om antwoorde neer te skryf.
• Sluit ’n diagram in waarop die 25 eienskappe wat Christus se identiteit beskryf, ingevul kan word, asook ’n blokkiesraaisel oor die name van die persone wat in die brief genoem word.
• Skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks.
• Hersiene uitgawe met nuwe buiteblad.
Ons Vader Bybelstudie: ‘n Studie van die Waarhede in Jesus se Modelgebed (Sagteband)
In stock
Oorvloedige Liefde: 365 Dae Van God Se Onbegrensde Liefde Grootdruk (Hardeband)
In stock
The Letters Of John: NIV Application Commentary (Hardcover)
R589,00