Seisoene Storms en Woestyne: Verstaand die Swaarkry-tye in jou Lewe (Sagteband)
R98,00
Vind hoop en gerusstelling in die wete dat God moeilike tye en seerkry in jou lewe kragtig gebruik om jou te vorm en te laat groei.
19 in stock
Waarom laat God woestyn-tye toe in ons lewens? Waar is God wanneer die storms om ons woed en ons nie weet of die winterseisoen in ons lewe ooit sal verbygaan nie?
In Seisoene, storms en woestyne: Verstaan die swaarkry-tye in jou lewe verduidelik Isak Burger hoe God seisoene, storms en woestyn-tye gebruik om sy doel in ons lewens te verwesenlik.
• In “Seisoene” word die belang van die afwisseling tussen seisoene beklemtoon en dat elke seisoen onmisbaar is.
• In “Storms” verduidelik Isak dat niemand onbepaald die storms van die lewe kan vryspring nie en dat ’n mens sensitief moet wees vir die impak van ’n storm op ander mense se lewens.
• In “Woestyne” fokus Isak op die sameloop van omstandighede wat jou dikwels eensaam laat voel en jou laat dink dat God ver van jou af is. Dan wys hy dat God woestyne juis gebruik as plekke van opleiding en voorbereiding.
Seisoene, storms en woestyne sal lesers inspireer om te leer en te groei uit hulle moeilike omstandighede. Moeilike tye in ’n mens se lewe kán sin en betekenis hê, al verstaan jy dit nie in daardie stadium nie.
Dimensions | 177 × 125 × 8 cm |
---|---|
Audience | |
Language | |
Stock | |
Author |
Related products
’n Hart Soos Jesus s’n: 365 Dagstukke vir Elkeen Wat Voluit in Jesus Se Voetspore Wil Stap HB
In stock
Al Sou die Vyeboom Nie Bot Nie: Bybelstudie oor Habakuk Hersiene Uitgawe (Sagteband)
In stock
Leef vir die Ewigheid: 366 Grootdruk-Dagstukke (Hardeband)
In stock
Perspektief op die Heilige Gees (Sagteband)
In stock
Veilig In Sy Hand: Sien God Se Teenwoordigheid Elke Dag In Ons Lewe Raak (Hardeband)
In stock