Omhels: 100 Oordenkings om te Weet God Hou Jou Naby (Hardeband)
R248,00
God skram nie weg van ons dorings nie. Hy trek ons nader. Omhels bied 100 gewyde dagstukkies wat aanklank sal vind by alle vroue en skenk jou ’n goddelike perspektief op jou daaglikse kwessies.
19 in stock
God skram nie weg van ons dorings nie. Hy trek ons nader. Daar is 100 gewyde dagstukkies in Omhels wat aanklank sal vind by alle vroue en wat ’n goddelike perspektief op jou daaglikse kwessies bied. Geliefde Bybelonderwyser, Lysa Terkeurst, deel haar eie stryd, vertwyfeling en hartseer terwyl sy die pad na God se omhelsing uitwys – Jesus wat sy arms wyd oopstrek aan die Kruis by Golgota om ons vir alle ewigheid te omhels. Hierdie wonderlike en spesiale omhelsing beteken dat ons ons lewe lank op Hom kan vertrou.
Terwyl jy hierdie skatkis van dagstukkies, Skrifgedeeltes en gebedswenke lees, sal jy aangespoor en toegerus word om:
• nuwe maniere te leer om God se liefde te ervaar,
• jou diepste seerkry aan God oor te gee,
• te hoor hoe God intiem jou hart aanraak,
• die vrees dat God soms ver weg voel, af te skud,
• elke dag doelgerigte, begeleide tyd saam met Hom deur te bring.
Kenmerke sluit in:
• 100 oordenkings
• Skrifgedeeltes en gebedswenke
• Lint-merker om jou plek aan te dui
• 215 x 160 mm, hardeband
• 12-punt lettergrootte
Dimensions | 223 × 166 × 22 cm |
---|---|
Audience | |
Language | |
Stock | |
Author |
Related products
Jy Is Myne Bybelstudie (Sagteband)
In stock
Kolossense Bybelstudie (Sagteband)
In stock
In Kolossense – ’n Bybelstudie ondersoek Riekert Botha die identiteit van Christus in ’n vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense. Paulus het aan die gemeente in Kolosse geskryf om die waarheid omtrent Jesus Christus te bevestig sodat hulle enige misleiding deur vals leraars sou kon herken. Die 8 studies gee agtergrond oor Paulus se verhouding met die gemeente, asook die redes vir sy brief aan hulle. Elke hoofstuk eindig met vrae en aan die einde van die Bybelstudie is daar ’n diagram om meer as 25 eienskappe van Jesus wat in die brief voorkom, in te vul. Daar is ook ’n blokkiesraaisel met die name van die persone wat in die brief genoem word. Hierdie Bybelstudie is vir groepe of individue.
• 8 Studies oor die identiteit van Jesus Christus vir groepe en individue.
• ’n Vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense met besprekingsvrae en plek om antwoorde neer te skryf.
• Sluit ’n diagram in waarop die 25 eienskappe wat Christus se identiteit beskryf, ingevul kan word, asook ’n blokkiesraaisel oor die name van die persone wat in die brief genoem word.
• Skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks.
• Hersiene uitgawe met nuwe buiteblad.
Ons Vader Bybelstudie: ‘n Studie van die Waarhede in Jesus se Modelgebed (Sagteband)
In stock
Vroue Van Die Bybel Bybelstudie (Sagteband)
In stock