Manne van die Bybel Eenjaar Dagboek (Sagteband)

R199,86

Add R1261,97 to cart and get free shipping!

10 in stock

Estimated delivery dates: October 16, 2025 – October 20, 2025
SKU: 9780638009859 Categories: , ,
Description

Net soos die mense van wie ons in die Bybel lees, sukkel ons almal vandag nog met selfsugtige ambisie, ons worstel met vrees en besluiteloosheid, ons kom voor versoekings te staan en ervaar die pyn van eensaamheid. Net soos hulle, begeer ons ook ’n dieper verhouding met God en om te lewe soos Hy van ons verwag.

Manne van die Bybel Eenjaar-dagboek bestudeer die lewens van 52 mans in die Skrif en bied ’n vars perspektief op die verlossingsverhaal. Elke week fokus op die lewe van een van hierdie 52 mans deur te kyk na:
• Sy storie – ’n vertelling van sy verhaal (Maandag)
• ’n Kykie na die man – delf dieper in sy lewe en ontdek raakpunte jou eie lewe (Dinsdag)
• Sy nalatenskap in die Skrif – ’n Bybelstudie wat gebou is op die beginsels van sy lewe (Woensdag)
• Die Bybelse beloftes wat op sy lewe en jou lewe van toepassing is (Donderdag)
• Sy nalatenskap van gebed – Gebed teen die agtergrond van sy verhaal (Vrydag)

Manne van die Bybel Eenjaar-dagboek is spesiaal ontwerp vir individuele of groepstudie en sal Bybellees ’n daaglikse gewoonte maak. Hierdie dagstukke sal jou help groei in wysheid en gehoorsaamheid en jou help om ’n man na God se hart te word.

• Vir individuele of groepstudie
• Ondersoek die lewens van 52 mans uit die Bybel deur:
o ’n Vertelling van sy verhaal
o ’n Kykie na hoe sy verhaal ooreenstem met jou lewe
o ’n Bybelstudie wat gebou is op die beginsels van sy lewe
o Bybelse beloftes wat op sy lewe en jou lewe van toepassing is
o Gebed teen die agtergrond van sy verhaal
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Men of the Bible One-Year Devotional

Additional information
Dimensions 22 × 215 × 140 cm
Audience

Language

Stock

Author

Shipping & Delivery