Liefde Geduld Vriendelikheid (2 Vrugte Van Die Gees-Reeks)(Hardeband)
R99,43
10 in stock
Die Vrugte van die Gees is ’n kinderboek wat gebaseer is op die vrugte van die Gees in Galasiërs 5:22–23 in die Bybel: “Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing”.
Hierdie reeks bestaan uit drie boeke wat elkeen drie spesifieke vrugte van die Gees weergee. Elke boek bevat ’n storie, Bybelstorie, Bybelles, gebed, Bybelvers en ’n praktiese uitdaging vir elke spesifieke vrug in die boek. Al die boeke is helder en kleurvol gedruk.
Pikkie Pynappel en Saartjie Suurlemoen verskyn in al die stories saam met die bepaalde vrug wat in daardie storie voorkom. Hierdie vrug leer vir Pikkie en Saartjie ’n karakterles in verhouding tot die vrug van die Gees wat hulle voorstel.
Die Vrugte van die Gees-reeks is geskryf om klein mensies te leer, te bemoedig en te inspireer oor God se karakter, sodat hulle kan uitstaan en hierdie karaktertrekke ontwikkel regdeur hulle lewens. Dit help ook ouers om hulle kinders Bybelse waarhede te leer.
Dimensions | 7 × 200 × 200 cm |
---|---|
Audience | |
Language | |
Stock | |
Author |
Related products
BSB Berean Study Bible Blue (Hardcover)
In stock
CSB Apologetics Study Bible For Students (Hardcover)
In stock
CSB Greek-English Interlinear New Testament (Hardcover)
In stock
I Prayed For You (Hardcover)
In stock
The Storm That Stopped – Tales That Tell the Truth Book 10 (Hardcover)
In stock
With Me Always (Hardcover)
In stock