Leef vir die Ewigheid: 366 Grootdruk-Dagstukke (Hardeband)
R278,00
’n Jaar lange reis saam met Angus Buchan oor ons sekerheid van ’n tuiste in die hemel en die vreugde van ’n lewe wat tot eer van God geleef word.
19 in stock
Is jy bang om dood te gaan? Weet jy waarheen jy gaan wanneer jy sterf? Vrae oor die dood spook die een of ander tyd by elke mens.
Met Leef vir die ewigheid: 366 Grootdruk-dagstukke gee Angus Buchan vir elke gelowige gemoedsrus wanneer hy verduidelik wat dit beteken om verlos te wees en verseker te wees van ’n ewige tuiste in die hemel. Die 366 bemoedigende dagstukke sal jou die krag en geloof gee wat nodig is om voluit te lewe sonder om die dood te vrees. Soos Angus sê: “Jy kan ’n Christen nie bangmaak met die dood nie, want die dood beteken hemel.” En die hemel beteken om vir altyd by ons Here en Verlosser te wees.
• Angus Buchan is ’n gewilde skrywer en evangelis.
• 366 oordenkings oor die hemel en hoe om nou reeds te lewe met die ewigheid in gedagte.
• Hardeband met merklint.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Living for Eternity.
Dimensions | 217 × 155 × 24 cm |
---|---|
Audience | |
Language | |
Stock | |
Author |
Related products
’n Hart Soos Jesus s’n: 365 Dagstukke vir Elkeen Wat Voluit in Jesus Se Voetspore Wil Stap HB
In stock
Gereed Vir Vandag (Hardeband)
In stock
Kolossense Bybelstudie (Sagteband)
In stock
In Kolossense – ’n Bybelstudie ondersoek Riekert Botha die identiteit van Christus in ’n vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense. Paulus het aan die gemeente in Kolosse geskryf om die waarheid omtrent Jesus Christus te bevestig sodat hulle enige misleiding deur vals leraars sou kon herken. Die 8 studies gee agtergrond oor Paulus se verhouding met die gemeente, asook die redes vir sy brief aan hulle. Elke hoofstuk eindig met vrae en aan die einde van die Bybelstudie is daar ’n diagram om meer as 25 eienskappe van Jesus wat in die brief voorkom, in te vul. Daar is ook ’n blokkiesraaisel met die name van die persone wat in die brief genoem word. Hierdie Bybelstudie is vir groepe of individue.
• 8 Studies oor die identiteit van Jesus Christus vir groepe en individue.
• ’n Vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense met besprekingsvrae en plek om antwoorde neer te skryf.
• Sluit ’n diagram in waarop die 25 eienskappe wat Christus se identiteit beskryf, ingevul kan word, asook ’n blokkiesraaisel oor die name van die persone wat in die brief genoem word.
• Skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks.
• Hersiene uitgawe met nuwe buiteblad.
Op Pad Met God: 366 Grootdruk-Dagstukke: Kies ‘n Lewe Wat God Eer (Hardeband)
In stock
Perspektief op die Heilige Gees (Sagteband)
In stock
Vroue Van Die Bybel Bybelstudie (Sagteband)
In stock