Jy Is Myne Bybelstudie (Sagteband)
R98,00
Ontdek die wonderlike betekenis daarvan om deur God gekies te wees in die 8 sessies van hierdie Bybelstudie wat dieper delf in Jesaja 43 en die vervulling daarvan in Jesus se lewe en die lewens van sy volgelinge
19 in stock
Ons lees dikwels in die Bybel van mense wat gekies is om God te dien, maar wat beteken dit werklik om gekies te wees? Om deur Jesus gekies te wees, het wonderlike en verreikende implikasies – hoewel dit meer sê oor die Een wat kies as oor die een wat gekies is. Ons is geliefd, want Hy is liefde. Ons is gered, want Hy is genadig. Ons behoort aan God se familie, want Jesus nooi ons, waardeur al die beloftes in die Bybel vir ons net so waar is as wat dit in die Bybelse tyd was.
Jy is Myne is ’n interaktiewe Bybelstudie met 8 studies gebaseer op die eerste reeks van The Chosen, die gewilde aanlyn TV-reeks oor die lewe van Jesus. Dit loop hand aan hand met elke episode om jou op ’n unieke manier aan die Bybel bekend te stel. Dit bied:
• ’n indiepte kyk na Jesaja 43 en die vervulling daarvan in Jesus se lewe, asook dié van sy volgelinge.
• Skrifgedeeltes en aanhalings uit die TV-reeks.
• Vrae vir nadenke vir groepe of individue.
Dimensions | 244 × 170 × 9 cm |
---|---|
Audience | |
Language | |
Stock | |
Author |
Related products
’n Hart Soos Jesus s’n: 365 Dagstukke vir Elkeen Wat Voluit in Jesus Se Voetspore Wil Stap HB
In stock
Al Sou die Vyeboom Nie Bot Nie: Bybelstudie oor Habakuk Hersiene Uitgawe (Sagteband)
In stock
Geskep om te Droom: Die 6 fases wat God gebruik vir geloofsgroei (Sagteband)
In stock
Kolossense Bybelstudie (Sagteband)
In stock
In Kolossense – ’n Bybelstudie ondersoek Riekert Botha die identiteit van Christus in ’n vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense. Paulus het aan die gemeente in Kolosse geskryf om die waarheid omtrent Jesus Christus te bevestig sodat hulle enige misleiding deur vals leraars sou kon herken. Die 8 studies gee agtergrond oor Paulus se verhouding met die gemeente, asook die redes vir sy brief aan hulle. Elke hoofstuk eindig met vrae en aan die einde van die Bybelstudie is daar ’n diagram om meer as 25 eienskappe van Jesus wat in die brief voorkom, in te vul. Daar is ook ’n blokkiesraaisel met die name van die persone wat in die brief genoem word. Hierdie Bybelstudie is vir groepe of individue.
• 8 Studies oor die identiteit van Jesus Christus vir groepe en individue.
• ’n Vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense met besprekingsvrae en plek om antwoorde neer te skryf.
• Sluit ’n diagram in waarop die 25 eienskappe wat Christus se identiteit beskryf, ingevul kan word, asook ’n blokkiesraaisel oor die name van die persone wat in die brief genoem word.
• Skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks.
• Hersiene uitgawe met nuwe buiteblad.
Perspektief op die Heilige Gees (Sagteband)
In stock