God Is Hier! (Sagteband)
R198,00
366 Skrifgebaseerde dagstukke wat mans herinner dat ons Skepper-God wat die heelal in stand hou, ook daagliks vir elkeen van hulle sorg.
19 in stock
In ’n lewe propvol dringende prioriteite en afsprake is daar min tyd vir stilword en nadink oor hoe groot en almagtig God is. Dan is dit maklik om te vergeet dat Hy, die Skepper van die heelal, in al jou behoeftes kan voorsien.
God is hier! se 366 dagstukke herinner mans opnuut aan hoe groot ons Skepper-God is. Johann van Zyl kombineer fassinerende feite oor die skepping met Bybelse waarhede om te beklemtoon hoe dieselfde God wat die heelal geskep het en steeds in stand hou, ook vir elkeen van ons sorg.
Mans kan opnuut bemoediging vind in die wete dat hierdie God wat die hele skepping in sy hand hou elke besonderheid van hulle lewe raaksien en in hulle behoeftes voorsien.
Dimensions | 220 × 150 × 22 cm |
---|---|
Audience | |
Language | |
Stock | |
Author |
Related products
‘N Veilige Vesting (Sagteband)
In stock
’n Hart Soos Jesus s’n: 365 Dagstukke vir Elkeen Wat Voluit in Jesus Se Voetspore Wil Stap HB
In stock
Geskep om te Droom: Die 6 fases wat God gebruik vir geloofsgroei (Sagteband)
In stock
Kolossense Bybelstudie (Sagteband)
In stock
In Kolossense – ’n Bybelstudie ondersoek Riekert Botha die identiteit van Christus in ’n vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense. Paulus het aan die gemeente in Kolosse geskryf om die waarheid omtrent Jesus Christus te bevestig sodat hulle enige misleiding deur vals leraars sou kon herken. Die 8 studies gee agtergrond oor Paulus se verhouding met die gemeente, asook die redes vir sy brief aan hulle. Elke hoofstuk eindig met vrae en aan die einde van die Bybelstudie is daar ’n diagram om meer as 25 eienskappe van Jesus wat in die brief voorkom, in te vul. Daar is ook ’n blokkiesraaisel met die name van die persone wat in die brief genoem word. Hierdie Bybelstudie is vir groepe of individue.
• 8 Studies oor die identiteit van Jesus Christus vir groepe en individue.
• ’n Vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense met besprekingsvrae en plek om antwoorde neer te skryf.
• Sluit ’n diagram in waarop die 25 eienskappe wat Christus se identiteit beskryf, ingevul kan word, asook ’n blokkiesraaisel oor die name van die persone wat in die brief genoem word.
• Skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks.
• Hersiene uitgawe met nuwe buiteblad.
Leef vir die Ewigheid: 366 Grootdruk-Dagstukke (Hardeband)
In stock
Op Pad Met God: 366 Grootdruk-Dagstukke: Kies ‘n Lewe Wat God Eer (Hardeband)
In stock
Van Vrees na Vertroue: Vir Elkeen Wat Op Soek Is na Sekerheid (Hardeband)
In stock
Judges, Ruth: Revised Edition (NIV Application Commentary)(Hardcover)
R1624,00