Geskep om te Droom: Die 6 fases wat God gebruik vir geloofsgroei (Sagteband)
R68,00
Vervul God se droom vir jou lewe deur die ses fases van geloof te verstaan en in jou lewe toe te pas.
19 in stock
God het ’n droom vir jou lewe – en in hierdie kort maar kragtige boek verduidelik topverkoper-outeur Rick Warren die proses wat God gebruik om sy droom vir jou te bewaarheid.
Die Bybel is vol verhale van mense wie se Godgegewe drome ’n werklikheid geword het, maar wat almal eers deur die ses fases van geloof moes gaan. In Geskep om te droom help Rick Warren jou om te verstaan hoe God hierdie fases gebruik om jou nie net geestelik te help groei nie, maar ook die droom te bewaarheid wat Hy vir jou gegee het. Elke fase is ’n toets vir jou geloof.
Die ses fase is:
• Fase 1: Droom – God plaas ’n opwindende droom in jou hart.
• Fase 2: Besluit – Jy besluit om jou droom na te jaag.
• Fase 3: Oponthoude – God laat oponthoude toe om jou gereed te maak vir jou droom.
• Fase 4: Probleme – Jy staar probleme in die gesig wat jou karakter sal versterk.
• Fase 5: Doodloopstrate – Jou situasie word onmoontlik.
• Fase 6: Bevryding – God vervul jou droom!
Wanneer jy weet wat om in elke fase te verwag, sal jy ophou wonder “Hoekom gebeur dit met my?” en saam met God se proses begin werk om jou en jou geloof te laat groei. Jy sal vind jy dink nou “So, dis hoekom dit gebeur het!” en jy sal gereed wees vir alles wat God in die toekom vir jou wil gee.
Geskep om te droom kan tot groot veranderinge in jou lewe lei. Lees dit, leef dit en deel dit!
Dimensions | 177 × 125 × 12 cm |
---|---|
Audience | |
Language | |
Stock | |
Author |
Related products
Al Sou die Vyeboom Nie Bot Nie: Bybelstudie oor Habakuk Hersiene Uitgawe (Sagteband)
In stock
Gereed Vir Vandag (Hardeband)
In stock
Geseënd Is Julle Bybelstudie (Sagteband)
In stock
Leef vir die Ewigheid: 366 Grootdruk-Dagstukke (Hardeband)
In stock
Oorvloedige Liefde: 365 Dae Van God Se Onbegrensde Liefde Grootdruk (Hardeband)
In stock
Wanneer God Stilbly: ‘n 7-week-Bybelstudie oor Job (Sagteband)
In stock