Geanker in Geloof: 366 Dagstukke wat Jou Sal Help om Sterk te Staan in Jou Geloof (Hardeband)
R278,00
366 dagstukke wat jou sal lei tot ’n dieper geloof in God en ’n geseënde en godvrugtige lewe.
19 in stock
Voel dit vir jou ook of jy soms doelloos deur die lewe dwaal sonder rigting of ’n duidelike doel? Onthou dan dat God ’n spesifieke plan en doel vir jou lewe het. In Geanker in geloof sal jy ontdek dat wanneer jy jou lewensfondament op Jesus bou jy in staat sal wees om te doen wat God jou in hierdie wêreld geroep het om te doen.
Geanker in Geloof: 366 Dagstukke wat Jou Sal Help om Sterk te Staan in Jou Geloof sal jou lei om elke dag God se wysheid saam met jou te dra in jou hart en gedagtes. Die 366 dagstukke sal jou help om die goeie gewoonte te kweek om elke dag tyd saam met God deur te bring en sy leiding elke dag in jou lewe te ervaar. Elke dag word afgerond met ’n bypassende Skrifgedeelte en ’n kort gebed.
• 366 dagstukke
• 388 eenkleur-bladsye
• Hardeband
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Rooted in Faith
Related products
Gereed Vir Vandag (Hardeband)
In stock
Kolossense Bybelstudie (Sagteband)
In stock
In Kolossense – ’n Bybelstudie ondersoek Riekert Botha die identiteit van Christus in ’n vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense. Paulus het aan die gemeente in Kolosse geskryf om die waarheid omtrent Jesus Christus te bevestig sodat hulle enige misleiding deur vals leraars sou kon herken. Die 8 studies gee agtergrond oor Paulus se verhouding met die gemeente, asook die redes vir sy brief aan hulle. Elke hoofstuk eindig met vrae en aan die einde van die Bybelstudie is daar ’n diagram om meer as 25 eienskappe van Jesus wat in die brief voorkom, in te vul. Daar is ook ’n blokkiesraaisel met die name van die persone wat in die brief genoem word. Hierdie Bybelstudie is vir groepe of individue.
• 8 Studies oor die identiteit van Jesus Christus vir groepe en individue.
• ’n Vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense met besprekingsvrae en plek om antwoorde neer te skryf.
• Sluit ’n diagram in waarop die 25 eienskappe wat Christus se identiteit beskryf, ingevul kan word, asook ’n blokkiesraaisel oor die name van die persone wat in die brief genoem word.
• Skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks.
• Hersiene uitgawe met nuwe buiteblad.
Oorvloedige Liefde: 365 Dae Van God Se Onbegrensde Liefde Grootdruk (Hardeband)
In stock
Van Vrees na Vertroue: Vir Elkeen Wat Op Soek Is na Sekerheid (Hardeband)
In stock