Ewige beloftes: ’n 6-week-Bybelstudie (Sagteband)
R128,00
’n 6-week-Bybelstudie wat 5 Ou-Testamentiese beloftes en hoe Christus dit vervul het, ondersoek.
19 in stock
In ons dag word beloftes maklik verbreek. Ons kan nie vertrou dat ander die waarheid sal praat en hulle woord hou nie. Maar ons kan wel vertrou dat God altyd sy woord hou. Sy beloftes is ’n verbond met ons, ’n ooreenkoms en ’n teken van blywende liefde.
Ewige beloftes is ’n Bybelstudie deur Courtney Reissig wat oor ses weke vyf Ou-Testamentiese verbonde – beloftes – ondersoek om God se aaneenlopende verhaal beter te verstaan. Wat is die doel van God se verbonde en hoe verander dit die manier waarop ons leef? In die ses weke lange studie sal jy ontdek wat die betekenis was van God se verbond met Adam, Abraham, Moses, Dawid en die Nuwe Verbond. Lesers sal ontdek wat God se plan vir sy volk was en hoe hulle inpas in daardie plan, asook hoe Jesus die vervulling van God se beloftes is.
Ewige beloftes sal lesers help ontdek hoe Jesus hierdie beloftes vervul het, en hoe ’n mens se lewe verander wanneer jy ontdek dat God se ewige beloftes ook vir jou bedoel is.
Dimensions | 244 × 170 × 7 cm |
---|---|
Audience | |
Language | |
Stock | |
Author |
Related products
Geskep om te Droom: Die 6 fases wat God gebruik vir geloofsgroei (Sagteband)
In stock
Kolossense Bybelstudie (Sagteband)
In stock
In Kolossense – ’n Bybelstudie ondersoek Riekert Botha die identiteit van Christus in ’n vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense. Paulus het aan die gemeente in Kolosse geskryf om die waarheid omtrent Jesus Christus te bevestig sodat hulle enige misleiding deur vals leraars sou kon herken. Die 8 studies gee agtergrond oor Paulus se verhouding met die gemeente, asook die redes vir sy brief aan hulle. Elke hoofstuk eindig met vrae en aan die einde van die Bybelstudie is daar ’n diagram om meer as 25 eienskappe van Jesus wat in die brief voorkom, in te vul. Daar is ook ’n blokkiesraaisel met die name van die persone wat in die brief genoem word. Hierdie Bybelstudie is vir groepe of individue.
• 8 Studies oor die identiteit van Jesus Christus vir groepe en individue.
• ’n Vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense met besprekingsvrae en plek om antwoorde neer te skryf.
• Sluit ’n diagram in waarop die 25 eienskappe wat Christus se identiteit beskryf, ingevul kan word, asook ’n blokkiesraaisel oor die name van die persone wat in die brief genoem word.
• Skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks.
• Hersiene uitgawe met nuwe buiteblad.
My Allerbeste Vir Sy Hoogste Grootdruk (Sagteband)
In stock
Van Vrees na Vertroue: Vir Elkeen Wat Op Soek Is na Sekerheid (Hardeband)
In stock
Vroue Van Die Bybel Bybelstudie (Sagteband)
In stock
Be Patient Job Commentary: Waiting on God in Difficult Times (Paperback)
R289,00