Die Wonder Van Die Skepping: 100 Dagstukkies Oor God & Wetenskap (3 Onbeskryflik Kinders)(Hardeband)
R278,00
Die Wonder van die Skepping is die derde boek in die reeks dagstukkieboeke oor God en die wetenskap vir kinders, deur internasionaal bekende skrywer Louie Giglio.
19 in stock
Die Wonder van die Skepping: 100 dagstukkies oor God en wetenskap is die derde boek in Louie Giglio se gewilde dagstukkie-reeks vir kinders oor God en die wetenskap. Soos met die vorige boeke in hierdie gewilde reeks, sal dit kinders aangryp en hulle wys God se ontwerpplan is regtig wonderlik. In hierdie dagstukkies nooi bekende pastor Louis Giglio kinders om te dink oor die dinge in ons alledaagse lewe. Temas wat gedek word sluit in: die Aarde, die buitenste ruim, die menslike liggaam en diere.
Die volkleur boek is vol prettige kleurillustrasies en foto’s wat die skoonheid vasvang van die wêreld waarin ons leef. Dit beloof om kinders se begrip van die heelal uit te brei, en hul geloof in ons Skepper-God te versterk. Elke dagstukkie bevat ’n wetenskaplike gedeelte met interessante feite en eksperimente wat die kinders self of saam met hul ouers kan doen, ‘n “Verwonder jou” gedeelte, asook ’n gepaste Bybelvers en gebed.
Verkoopspunte:
• Pragtige, volkleur illustrasies en foto’s
• Vorige boeke in hierdie reeks baie gewild in ons mark
• Gebruik die wetenskap om ‘n Christelike boodskap oor te dra
• Moet-weet-feite en lekker eksperimente maak dit interessant
• Bevat ‘n toeganklike indeks vir die leergierige kind
• 203 x 152 mm hardeband, volkleur, goeie kwaliteit
Dimensions | 210 × 157 × 17 cm |
---|---|
Audience | |
Language | |
Stock | |
Author |
Related products
Geseënd Is Julle Bybelstudie (Sagteband)
In stock
Jy Is Myne Bybelstudie (Sagteband)
In stock
Kolossense Bybelstudie (Sagteband)
In stock
In Kolossense – ’n Bybelstudie ondersoek Riekert Botha die identiteit van Christus in ’n vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense. Paulus het aan die gemeente in Kolosse geskryf om die waarheid omtrent Jesus Christus te bevestig sodat hulle enige misleiding deur vals leraars sou kon herken. Die 8 studies gee agtergrond oor Paulus se verhouding met die gemeente, asook die redes vir sy brief aan hulle. Elke hoofstuk eindig met vrae en aan die einde van die Bybelstudie is daar ’n diagram om meer as 25 eienskappe van Jesus wat in die brief voorkom, in te vul. Daar is ook ’n blokkiesraaisel met die name van die persone wat in die brief genoem word. Hierdie Bybelstudie is vir groepe of individue.
• 8 Studies oor die identiteit van Jesus Christus vir groepe en individue.
• ’n Vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense met besprekingsvrae en plek om antwoorde neer te skryf.
• Sluit ’n diagram in waarop die 25 eienskappe wat Christus se identiteit beskryf, ingevul kan word, asook ’n blokkiesraaisel oor die name van die persone wat in die brief genoem word.
• Skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks.
• Hersiene uitgawe met nuwe buiteblad.
My Allerbeste Vir Sy Hoogste Grootdruk (Sagteband)
In stock
Oorvloedige Liefde: 365 Dae Van God Se Onbegrensde Liefde Grootdruk (Hardeband)
In stock
Op Pad Met God: 366 Grootdruk-Dagstukke: Kies ‘n Lewe Wat God Eer (Hardeband)
In stock
Seisoene Storms en Woestyne: Verstaand die Swaarkry-tye in jou Lewe (Sagteband)
In stock
Jeremiah Lamentations (The NIV Application Commentary)(Hardcover)
R674,00