Die Bybel In Praktyk Rooi En Swart Hardeband Studiebybel
R702,04
10 in stock
Die Bybel in Praktyk is ’n unieke Studiebybel in Afrikaans wat die Bybelleser sal help om sy kennis van en insig in die Woord van God te verbreed én te verdiep. Hierdie Bybel met die volledige teks van die Bybel in Afrikaans 1983/1992 bevat verklaringsnotas en aantekeninge wat help om ’n Skrifgedeelte binne sy konteks te verstaan. Verder verskaf dit belangrike agtergrond en historiese inligting, dit verduidelik moeilike woorde en frases, en dit sluit ook kruisverwysings, karaktersketse, kaarte, rubrieke en diagramme in, wat telkens op dieselfde bladsy voorkom as die gedeelte waarop dit betrekking het.
Die mees uitstaande kenmerk van Die Bybel in Praktyk is veral sy praktykgerigtheid: dit dra nie bloot feitelike Bybelkennis oor nie, maar wys die Bybelleser hoe dit wat in die Bybel geskryf staan, praktyk in sy lewe van elke dag kan word.
Die Bybel in Praktyk is ’n wetenskaplik verantwoorde werk, saamgestel deur ’n paneel bekende teoloë volgens die jongste Bybeluitlegmetodes. Dit wil gelowiges help om die Bybel beter te begryp, maar óók sy daaglikse lewe daarvolgens te rig.
•9.5-pt lettergrootte
Dimensions | 58 × 242 × 180 cm |
---|---|
Audience | |
Language | |
Stock | |
Author |
Related products
Amplified Holy Bible Large Print (Hardcover)
In stock
BSB Berean Study Bible Blue (Hardcover)
In stock
CSB Kids Bible (Hardcover)
In stock
CSB Men Of Character Bible Cloth Over Board Grey (Hardcover)
In stock
CSB White Hardcover Everyday Study Bible
In stock
Living Water: Studies in John 4 (Hardcover)
In stock
Love Patience Kindness (2 Fruits Of The Spirit Series)(Hardcover)
In stock
The Storm That Stopped – Tales That Tell the Truth Book 10 (Hardcover)
In stock