Afrikaans 1933/1953 Vertaling Groen Hardeband Verklarende Studiebybel
R400,74
10 in stock
Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die nuutste Bybelkundige insigte.
Unieke kenmerke en eienskappe sluit in:
• Teks van die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans
• Boek-vir-boek-inligting met inleidende artikels tot elke Bybelboek
• 21 Onderwerp-vir-onderwerp-artikels wat ’n algemene oorsig bied oor die hele Bybel
• Unieke “Bestudeer die boek”-kassies wat die Bybelboek se vernaamste temas en leringe verken
• Vers-vir-vers-voetnotas wat dwarsdeur die teks voorkom
• Volkleur kaarte
• 9.1-punt-lettergrootte
Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
Related products
Amplified Holy Bible Large Print (Hardcover)
In stock
CSB Apologetics Study Bible For Students (Hardcover)
In stock
CSB Every Day With Jesus Daily Bible Floral (Hardcover)
In stock
CSB White Hardcover Everyday Study Bible
In stock
I Prayed For You (Hardcover)
In stock
My LullaBible For Boys (Hardcover)
In stock
With Me Always (Hardcover)
In stock