Adam en Eva in die Tuin – Ek Kan Lees (Sagteband)
R35,15
10 in stock
Daar is soveel voordele daaraan verbonde om saam met klein kindertjies te lees. Lees verskaf die boustene vir taalvaardigheid, stimuleer die verbeelding en help kinders om van die wêreld om hulle te leer. Om vir ’n kind te lees is ’n ervaring wat ’n lewenslange liefde vir lees en leer bevorder.
In die Ek kan lees!-reeks se beginnersvlak word 3- tot 6-jariges bekendgestel aan die wonderlike wêreld van lees met geloofsgebaseerde stories om hulle te lei om God se Woord lief te hê.
In Adam en Eva in die Tuin leer kinders van alles wat God gemaak het – alles wat so perfek was! Maar toe gebeur daar ’n slegte ding. Hoe kan dinge ooit weer regkom?
Die eenvoudige taalgebruik, woordherhaling en kleurvolle illustrasies in hierdie boekie is ideaal vir saamlees-tyd saam met jou kleinding.
• Ontwikkel kinders tussen 3 en 6 jaar se leesvaardighede en wakker terselfdertyd hulle geestelike ontwikkeling aan.
• Die eenvoudige taalgebruik, woordherhaling en kleurvolle illustrasies in hierdie boekie is ideaal vir saamlees-tyd saam met jong kinders.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Adam and Eve in the Garden.
Related products
Book Of Revelation Made Easy Series (Paperback)
In stock
Can You Trust the Bible? (Paperback)
In stock
Read This First: A Simple Guide to Getting the Most from the Bible (Paperback)
In stock
The 30-Minute Bible: God’s Story For Everyone (Paperback)
In stock
The Armor Of God: Bible Study Book With Video Access (Paperback)
In stock
The Gospel Of Mark Bible Study (Paperback)
In stock
The Samaritan Woman’s Story: Reconsidering John 4 After #ChurchToo (Paperback)
In stock
The Unexplainable Church: Reigniting The Mission Of The Early Believers: A Study Of Acts 13-28 PB
In stock